top of page
Search

Verbruikers wend hulle na ander manier om hul Sassa geld te ontvang

VAALDRIEHOEK - Shoprite sê die tegniese probleme wat by die Posbank ondervind is, het veroorsaak dat honderd-duisende ontvangers van die SASSA-toelaag elke maand Money Market-rekenings oopmaak. Die kleinhandelaar het die diens drie jaar gelede bekend gestel, en dit het sedertdien gegroei tot sowat 3,5-miljoen kliënte. Die hoofbestuurder van Shoprite se Finansiële Dienste-afdeling, Jean Olivier, het aan News24 gesê hulle het ‘n oplewing in begunstigdes se betalings opgemerk nadat die Posbank se stelselfoute vererger het. Volgens berigte het sowat 600,000 ontvangers hierdie maand slegs ‘n gedeelte of geen geld ontvang nie.

FOTO: (Shoprite)


7 views0 comments

Comments


bottom of page