top of page
Search

Verbruikersinflasie daal tot 5,5-persent, maar kospryse styg verder

VAALDRIEHOEK - Daar is goeie en slegte nuus vir verbruikers, met die nuus dat verbruikersinflasie in November tot 5.5% gedaal het, maar kospryse selfs verder gestyg het. Verbruikersinflasie het gedaal vanaf 5,9% in Oktober. Die daling is hoofsaaklik gedryf deur ‘n afname in brandstofpryse wat ook gelei het tot ‘n afname in die jaarlikse inflasiekoers vir vervoer. Die slegte nuus is egter, die jaarlikse inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drank het gestyg tot ‘n vier-maande hoogtepunt van 9%. Die uitbreking van voëlgriep het die pluimveemark steeds ontwrig. Die jaarlikse inflasiekoers vir eiers was verlede maand 39,9%, vergeleke met 24,4% in Oktober. Vrugteprodukte het ‘n jaarlikse toename van 11,5% getoon, die hoogste sedert Desember 2020.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Recent Posts

See All

コメント


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page