Verbruikersprysinflasie styg effens in Januarie
- 90.6 FM News
- Feb 26
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Verbruikersinflasie het in Januarie tot 3,2% gestyg, die eerste vasstelling nadat die mandjie goedere aangepas is. Dit is effens hoër as die 3% in Desember en effens laer as wat ekonome verwag het. Die belangrikste bydraers tot die inflasiekoers was behuising en nutsdienste, voedsel en nie-alkoholiese drankies, en restaurante en verblyfdienste. Die nuwe mandjie sluit items in waarop Suid-Afrikaners meer geld bestee. Die Reserwebank sal hierdie data in berekening bring wanneer hy op 20 Maart sy volgende besluit oor die rentekoers moet neem. Dit hang ook af van wat in die finale nasionale begroting besluit word aangesien 'n verhoging in BTW ook tot hoër inflasie sal lei.
Comments