VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaanse verbruikersvertroue het effens verbeter in die eerste kwartaal van 2024, maar bly steeds onder druk. Eerste Nasionale Bank en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se Verbruikersvertroue-aanwyser staan op minus-15. Die geringe styging word toegeskryf aan verbeterde ekonomiese en huishoudelike finansiële vooruitsigte, maar word geneutraliseer deur 'n afname in vertroue wat betref die aankoop van duursame goedere. Hoë-inkomste huishoudings het groter optimisme getoon, terwyl middel- en lae-inkomstegroepe steeds versigtig bly. Faktore wat vertroue beïnvloed sluit in inflasie, werkverliese, brandstof-prysstygings en ‘n strenger fiskale beleid.
FOTO: (Verskaf)
コメント