VANDERBIJLPARK - Fidelity ADT Vaal het een persoon in sy motor aangekeer na hy glo ‘n vuurwapen uit ‘n ander voertuig gesteel het. Fidelity se kommunikasiehoof, Charnel Hattingh, het aan die 90.6 FM Nuusspan gesê hulle Vaal-tak het omstreeks 13:28 Dinsdagmiddag gereageer op inligting na ‘n verdagte voertuig opgemerk is. Hattingh sê hul gemeenskapsbedryfsbestuurder het die beweging van ‘n Huyndai i20 in die Vanderbijlpark-plotarea gemonitor. Die Vanderbijlpark SAPD het saam met Fidelity die verdagte se voertuig afgetrek en hy is gearresteer. Die voertuig is ook gekonfiskeer en na die polisiestasie vervoer. Die ondersoek na die saak duur voort.
FOTOS: (Fidelity ADT)
Comments