top of page
Search

Verkiesingslokale is landswyd oop tot 21:00 vanaand

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

STEMDAG IS HIER:

Stemlokale het om 07:00 vanoggend geopen met miljoene Suid-Afrikaners wat vandag hul stemme gaan uitbring in wat as een van die belangrikste verkiesings sedert 1994 bestempel word. Die Verkiesingskommissie sê die lesse en ervarings die afgelope twee dae waartydens spesiale stemme uitgebring is, was waardevol en sal bydra om bedrywighede vandag makliker te maak. Stemlokale sluit om 21:00 vanaand. Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo sê kiesers mag nie 'n foto van hul eie gemerkte stembrief neem nie.

FOTOS: (OVK)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


906 VCR BANNER.png
bottom of page