top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vermeende veedief Jaco Botha is borg geweier in Vanderbijlpark moordsaak

VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark-landdroshof het die 42-jarige vermeende veedief Jaco Botha se borgaansoek geweier in verband met die moord op die 29-jarige Christian van Tonder. Maroela Media berig Botha word aangekla van moord met voorbedagte rade en veediefstal na hy op 29 Augustus vanjaar, byna twee jaar na die moord op Van Tonder, in hegtenis geneem is. Volgens die berig het die staat Botha se borgtogaansoek teengestaan, met getuienis van die ondersoekbeampte dat daar ‘n waarskynlikheid is dat Botha met staatsgetuies kan inmeng. Die staat het ook aangevoer dat Botha ‘n ernstige oortreding begaan het wat die gemeenskap geskok het, omdat hy en Van Tonder bekend is in die gemeenskap. Landdros Mila Kgobane het saamgestem dat die staat ‘n prima facie saak teen die beskuldigde het. Volgens die berig het Botha ook nie daarin geslaag om te bewys dat die staat se saak swak is soos wat hy aangevoer het nie. Die saak is uitgestel tot 30 Oktober.

FOTOS: (Facebook)



15 views0 comments

Comentários


bottom of page