Vermisde 11-jarige Angelique is gevind
- 90.6 FM News
- Aug 14, 2023
- 1 min read
VEREENIGING - Missing Children South Africa het bevestig dat die vermisde 11-jarige Angelique Bejanka Hayward gevind is en veilig is. Volgens die organisasie was sy as vermis aangemeld nadat sy op die 7de Augustus laas gesien is by Handhawer Laerskool in Vereeniging. Sy is by die skool afgelaai die oggend deur ‘n familie-kennis, maar het die skool verlaat saam met ‘n wit man wat bekend is as Thinus. Swisherpost het vroeër berig Angelique se ma, Jesika Botha, sê hul gesin het vantevore ’n plek gehuur en Thinus Swanepoel het ook op die perseel gewoon. Botha en haar kinders het sowat vier weke gelede na ’n nuwe plek verhuis. Sy sê sedert hulle daar weggetrek het, het hy boodskappe gestuur waarin hy haar glo gedreig het en gesê het dat hy vir Angelique by die skool sal kom vat. Die organisasie, Pink Ladies, het ook bevestig Angelique is gevind en dat 'n verdagte ook na bewering aangekeer is. FOTO: (Missing Children SA)

Comments