VAALDRIEHOEK - Die 2023-24 verslag oor die slagoffers van misdaad deur Statistieke Suid-Afrika het onthul dat 57,3% van vroue wat aangerand word hulle aanvallers ken. Volgens die verslag het 34% van die vroue hulle lewensmaats as die oortreders uitgeken. Die statistikus-generaal Risenga Maluleke waarsku dat geslagsgeweld vroue buite verhouding meer raak as mans, met net 0,6% mans wat deur 'n lewensmaat aangerand is.
Statistieke Suid-Afrika se Slagoffers van Misdaad verslag het ook aansienlike toenames in individuele misdade oor die afgelope vyf jaar onthul. Die statistikus-generaal Risenga Maluleke berig 1,1-miljoen mense het straatrooftogte beleef, wat 'n toename van 7% is. Verbruikersbedrog het 700,000 indiwidue geraak - 'n 16% styging, terwyl aanrandingsake met 36% gestyg het tot 650,000. Hy waarsku dat kapings en seksuele aanranding ook skerp gestyg het.
FOTO: (Verskaf)
Comments