Vervoerdepartement kies maatskappy om nuwe slim rybewyskaarte te vervaardig
- 90.6 FM News
- Sep 2, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Vervoer sê Idemia Identity and Security South Africa is aangestel om nuwe slim rybewyskaarte vir die land te vervaardig. Die Kabinet het reeds in Augustus 2022 die groen lig gegee vir 'n nuwe rybewyskaart vir die land. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê Idemia sal ’n diensvlakooreenkoms met die departement aangaan voor hy met sy werk begin om die nodige infrastruktuur en stelsels gereed te kry.
Comments