VANDERBIJLPARK - Die VF Plus sê in samewerking met verskeie donateurs is die dak van die Town-substasie in Vanderbijlpark herstel wat in ʼn brand beskadig is. Dit is die tweede keer dat die VF Plus en donateurs betrokke is by die herstelwerk van dié substasie. In 2018 is die substasie ook gedeeltelik in ʼn brand verwoes. ʼn Brand het op die nag van 26 Augustus by dié substasie in Curie Boulevard uitgebreek en feitlik al die elektriese komponente vernietig. Die dak is ook beskadig. Groot dele van die ouer gedeeltes van Vanderbijlpark en omliggende kleinhoewes is sonder krag gelaat. Herstelwerk vorder stadig weens die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se benarde finansiële posisie. Gedeeltes van Vanderbijlpark se CW- en NW7-gebiede (Bonanné, Muvhango, Stephanopark-kleinhoewes en Bophelong se 18 uitbreidings) wat sedert die onderbreking nog sonder krag is, behoort vandeesweek herstel te wees. Die VF Plus sê hy het besluit om in te spring en te help met die herstel van die dak en verskeie donateurs het hulp en skenkings aangebied.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVANDERBIJPARK - The EFF in Gauteng has condemned the ongoing water crisis in parts of the City of Johannesburg, saying this is a direct...
00
VAAL TRIANGLE - The DA is urging the South African Social Security Agency to extend the SASSA gold card deadline. The party is citing...
00
VAALDRIEHOEK - Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te...
00
bottom of page
Comments