top of page
Search

VF Plus in Emfuleni help behoeftiges met Winterkombers-projek

VANDERBIJLPARK - Die Vryheidsfront Plus in Emfuleni Plaaslike munisipaliteit het onlangs ‘n groot skenking aan tientalle behoeftiges in Vanderbijlpark gemaak. Die VF Plus werk nou al vir die derde agtereenvolgende jaar saam met die Centurion-motorfietsklub om ‘n skenking van kospakkies, klere en komberse aan kwesbares te maak. Kospakkies is aan 22 gesinne voorsien en ʼn verdere 30 huishoudings is bygestaan met klere en komberse. Die VF Plus is nie net verbind daartoe om ʼn politieke verskil te maak nie, maar ook op maatskaplike gebied. Die VF Plus bedank die lede van die motorfietsklub vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

FOTO: (VF Plus)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page