top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

VF Plus in Sasolburg fasiliteer optrede vir veiliger substasies

SASOLBURG - Die VF Plus in Sasolburg sê na aanhoudende plundering van substasies in Sasolburg, het die VF Plus daarin geslaag om samewerking tussen ʼn privaat sekuriteitsmaatskappy en die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit te fasiliteer om iets aan die situasie te doen. Die party se Morné Pienaar sê in ‘n verklaring Sasolburgers het vanjaar gereeld deurgeloop onder onverwagte kragonderbrekings weens kabeldiefstal- en -vandalisme. Pienaar sê die VF Plus het ʼn gemeenskapsvergadering met inwoners, besigheidseienaars en die Metsimaholo-munisipaliteit se amptenary gereël om met planne vorendag te kom vir veiliger substasies wetende dat finansiëring ʼn uitdaging is. ʼn Privaat sekuriteitsmaatskappy het daarop aangebied om alarmstelsels vir ses substasies (Voster, Ruhr, Park, Tanaus, Hoëveld en Hammelberg) te skenk en te installeer. Die VF Plus sal die maandelikse diensfooi betaal vir die gewapende reaksiediens. Bykomend het die VF Plus se Sasolburgtak skoonmaakaksies rondom hierdie stasies geloods om misdadigers af te skrik en om sigbaarheid te verbeter. Pienaar sê optrede soos hierdie is egter ʼn korttermyn-oplossing om Suid-Afrika van ondergang te red en veiliger dorpe te verseker. Hy meen die ware oplossing is om te registreer en te stem om van die ANC ontslae te raak en te vervang met ʼn bevoegde en verantwoordbare koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

FOTO: (VF Plus)


6 views0 comments

Comments


bottom of page