VF Plus maak alarm oor Emfuleni se gebruik van infrastruktuurfondse om Rand Water te betaal
- 90.6 FM News

- Aug 20
- 1 min read
VANDERBIJLPARK - Die VF Plus neem kennis van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se burgemeester Sipho Radebe se “vreugde” oor die oorkoming van die dooiepunt met Rand Water oor waterskuld. Emfuleni het onlangs R660-miljoen aan Rand Water betaal om beslaglegging op die munisipaliteit se lopende rekening op te hef. Die VF Plus wys egter daarop dat die bedrag uit die munisipaliteit se toelae vir infrastruktuur en waterdienste kom, fondse wat bedoel is om agterstande in basiese infrastruktuur te verwyder en gratis dienste aan behoeftiges te verskaf.
Met hierdie betaling moet Emfuleni elders fondse genereer om aan sy verpligtinge teenoor inwoners te voldoen. Inwoners betaal reeds hul rekeninge direk aan Rand Water en Eskom, wat beteken die munisipaliteit ontvang slegs inkomste vir vullis en erfbelasting. Die VF Plus waarsku dat die ooreenkoms finansiële probleme nie sal oplos nie en beskou dit as politieke teater in aanloop tot volgende jaar se plaaslike verkiesing.



Comments