top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

VF Plus maak beswaar teen R70 000 se huur van mobiele toilette in Sedibeng

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus het onlangs sy ongelukkigheid uitgespreek teen die Sedibeng-distriksmunisipaliteit se besteding van R70 000 per dag vir die huur van 20 moderne mobiele toilette vir Wêreldvigsdag verlede jaar (30 November 2023) in die George Thabe-stadion. Die party sê hierdie dag, wat deur die Gautengse provinsie gereël is, is bygewoon deur die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, die burgemeester van Sedibeng, Lerato Maloka en inwoners. Die VF Plus sê alhoewel die provinsie daarop aangedring het dat die munisipaliteit die aankoop en huur van toerusting deeglik moet navors en beheer, het Sedibeng dit goedgedink om R70 000 vir 20 toilette te betaal. In die private sektor kos die huur van so moderne mobiele toilet minder as R2 300 per dag. Die VF Plus wou ook weet waarom die verslag oor die huur van die toilette eers drie maande later aan die raad voorgelê is.

FOTO: (Verskaf)


9 views0 comments

コメント


bottom of page