top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

VF Plus meen Emfuleni se ruimte-ontwikkelingsraamwerk van vier jaar gelede is net so weer geplaas

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus in Emfuleni sê hy betwyfel die geloofwaardigheid van die jongste ruimtelike-ontwikkelingsraamwerk (2023-2024) van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit. VF Plus Emfuleni raadslid Gerda Senekal sê in ‘n verklaring die inligting op die munisipaliteit se webblad oor dié beleid, is waarskynlik nie korrek nie. Senekal sê op die webblad word aangedui dat Urban Dynamics Gauteng die ontwikkelingsraamwerk saamgestel het in opdrag van die Emfuleni-munisipaliteit. Sy sê die direkteur van Urban Dynamics Gauteng, JG Busser, ontken egter dat sy maatskappy betrokke was by die hersiening of samestelling van die ontwikkelingsraamwerk vir 2023-2024. Urban Dynamics het wel die ontwikkelingsraamwerk in 2019-2020 hersien en dit is volgens Busser identies aan die dokument wat nou op die webtuiste van die munisipaliteit verskyn. Volgens Senekal is die Emfuleni-munisipaliteit is waarskynlik besig om met iemand anders se kalwers te ploeg. Die VF Plus het die munisipale bestuurder, mnr. April Ntuli, versoek om dadelik die ontwikkelingsraamwerk van die webtuiste te verwyder om ʼn moontlike regsaksie teen die munisipaliteit te vermy. Senekal sê die doel van ʼn ruimtelike-ontwikkelingsraamwerk is om beplanning, ontwikkeling en die bestuur van grondgebruik in ʼn munisipaliteit te verduidelik. Die plan fokus ook op paaie, industriële-, landelike, sosio-ekonomiese- en infrastruktuurontwikkeling.

FOTO: (VF Plus)


3 views0 comments

Comments


bottom of page