VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus het sy medelye uitgespreek na een van sy oud-stadsraadslede in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, Phillip Nothnagel, vanoggend gesterf het. VF Plus Emfuleni raadslid, Gerda Senekal, het in ‘n verklaring gesê Nothnagel is vanoggend, 7 November, na ‘n lang stryd met kanker oorlede. Hy is in 2011 as raadslid verkies en het in 2021 uit die politiek getree. Senekal sê hy sal onthou word vir die vele projekte wat hy in Emfuleni aangepak het, waaronder die Trimpark in Vanderbijlpark wat hy in ‘n mooi speelpark omskep het. Sy sê Nothnagel se onbaatsugtige diens teenoor die gemeenskap van Emfuleni gedurende sy tydperk as raadslid sal lank in die gedagtes van mense voortleef.
FOTO: (VF Plus)

Commentaires