top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

VF Plus sê Randwater verskaf net helfte van aangewese water aan Emfuleni

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus in Emfuleni sê die munisipaliteit is op sy knieë aangesien Randwater slegs die helfte van die aangewese water vir die munisipaliteit deurlaat weens wanbetaling. Die party se Gerda Senekal sê in ‘n verklaring in sekere gebiede in Emfuleni is krane reeds droog om 10:00 die oggend omdat reservoirs en watertenks leegloop. Sy sê inwoners is nie eens in staat om huishoudelike toerusting wat met water werk, aan die gang te hou nie weens die lae waterdruk. Volgens Senekal het Randwater in ‘n ingrypingsooreenkoms met Emfuleni onderneem om oor drie jaar waterlekkasies in die munisipaliteit te herstel. Sy sê ‘n totaal van 400 lekkasies is aangemeld, waarvan Randwater slegs 28 in twee jaar herstel het. Dit is dus duidelik dat Randwater ook nie oor die vermoë beskik om sy rol as grootmaatwaterverskaffer te vervul nie. Senekal sê Randwater veroorsaak nie net watertekorte nie, maar ook diensleweringsprobleme met sy sewe maande lange bevriesing van Emfuleni se lopende bankrekening. FOTO: (iStock)



4 views0 comments

Comments


bottom of page