top of page
Search

VF Plus sê Gautrans moet Kruising-van-die-Dood in Vanderbijlpark beveilig

VANDERBIJLPARK - Die VF Plus in Emfuleni het Gautrans versoek om die R57- en R42-kruising in Vanderbijlpark te beveilig om motorongelukke te verminder en lewensverlies te voorkom. Die VF Plus raadslid Gerda Senekal sê in ‘n verklaring die gevaarlike kruising van Barrowweg (R57) en die Goue Hoofweg (R42) staan ook as die ‘kruising van die dood’ onder die gemeenskap bekend. Sover die VF Plus kon vasstel het 24 mense al sedert 2022 hul lewe by dié kruising verloor en talle is ernstig beseer. Senekal sê in die jongste voorval het Gerbrandt Ferreira (31) en sy ma Magda (63) oor die naweek gesterf ná ʼn botsing met ʼn vragmotor. Die party het in ʼn skrywe aan Gautrans gevra vir die oprigting van oorhoofse ligte, padtekens wat aandui dat dit ʼn hoë ongeluksone is en die aanbring van betonriffels op die padoppervlak om motoriste te dwing om spoed te verminder. Die party het ook gevra dat meer verkeerspolisielede na die kruising ontplooi word om voertuie wat nie stilhou nie, vas te vat. Die VF Plus het sy meegevoel uitgespreek met die familie en geliefdes van Gerbrandt en Magda.

FOTOS: (Facebook)




4 views0 comments
bottom of page