top of page
Search

VF Plus verwelkom verslag oor Emfuleni-munisipaliteit se verval

VANDERBIJLPARK - Die Vryheidsfront Plus sê Emfuleni is moontlik onder volle administrasie geplaas. ’n Ontstellende verslag van die Gautengse wetgewer se Komitee vir samewerkende regering en tradisionele sake,het die totale verval van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit blootgelê. Die verslag dek die tydperk 2016 tot 2025 en toon aan dat Emfuleni se finansiële ineenstorting spruit uit langdurige versuim om aan die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) te voldoen, swak leierskap en die ignorering van ouditwaarskuwings. Aanbevelings sluit in die toepassing van artikel 139(1)(c) administrasie, die aanstelling van ’n finansiële herstelspan, ’n forensiese oudit, ’n inkomste-verbeteringstrategie en groter openbare deursigtigheid. Die VF Plus sê die bevindinge bevestig hul herhaalde waarskuwings oor wanbestuur en korrupsie. Die party is egter bekommerd dat die voorgestelde ingrypings onvoldoende sal wees, soos met die mislukte gedeeltelike administrasie in 2018. Volgens die VF Plus lê Emfuleni se enigste hoop in politieke verandering tydens die 2026 plaaslike regeringsverkiesing.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page