VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus het ‘n waarskuwing uitgereik teen kapings en aanvalle in die Emfuleni-gebied. Raadslid Sybrand Smit het in ‘n verklaring gesê die Vaaldriehoek ervaar tans 'n ongekende vlaag misdaad. Smit sê waarskuwings word tans uitgereik teen voertuig-kapings en aanvalle onder andere op gedeeltes van die R42 Barrage-pad. Hy sê dit is egter nie beperk tot die R42 nie. Die gemeenskap word daarom dringend versoek om altyd paraat te wees waar hulle in Emfuleni op die pad is, hetsy te voet, fiets of ander voertuig. Die VF Plus wil ook die gemeenskap dringend versoek om betrokke te raak by hulle omgewing se GPF (Gemeenskapspolisiëringsforum) en sodoende die SAPD se hand sterk te maak. Smit sê in die afgelope paar dae het 'n familie 'n pa en man verloor nadat hy sonder brandstof gaan staan het. Die VF Plus hul het innige simpatie uitspreek teenoor die familie.
FOTO: (Google Maps)
コメント