SASOLBURG - Die Hoofweg patrollie van die Fezile Dabi distrik het vier verdagtes, tussen die ouderdom van 22 en 48, gearresteer op aanklagte van veediefstal, Sateroggend 14 September. Volgens Sers. Josephine Rani was die polisielede besig met roetine patrollie toe hulle 'n wenk ontvang het oor 'n vragmotor wat moontlik met veediefstal verbind kan word. Die vragmotor is op die R57, onderweg na Sasolburg, opgespoor en voorgekeer. 13 Beeste is in die agterkant van die vragmotor gevind en die verdagtes kon nie die nodige dokumentasie vir die beeste in hul besit toon nie. Die verdagtes sal in aanhouding bly totdat hulle voor die hof in Sasolburg verskyn. Volgens Rani beklemtoon hierdie suksesvolle operasie die belangrikheid van samewerking van die publiek in die bekamping van veediefstal.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVANDERBIJPARK - The EFF in Gauteng has condemned the ongoing water crisis in parts of the City of Johannesburg, saying this is a direct...
00
VAAL TRIANGLE - The DA is urging the South African Social Security Agency to extend the SASSA gold card deadline. The party is citing...
00
VAALDRIEHOEK - Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te...
00
bottom of page
Comentários