top of page
Search

Vryheidspark verwerp aansoek van Afrikaanse organisasies vir betoging

VAALDRIEHOEK - Vryheidspark in Pretoria het ʼn aansoek van Afrikaanse organisasies verwerp vir ʼn vreedsame versetoptog teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette wat vir 5 November beplan word. Die Solidariteitsbeweging het daarop die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, versoek om in te gryp. Die optrede is gemik teen gedeeltes van die nuwe onderwyswet wat skoolbeheerliggame se beheer oor toelatings en taalbeleid beperk. AfriForum het met regsoptrede begin en vra regstreekse gesprekke met die Presidensie om te verseker die optog gaan voort.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page