top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vullis word slegs elke 14 dae verwyder in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Die Vryheids Front Plus sê die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se dienslewering het só verval dat vullisverwydering in Vanderbijlpark net elke 14 dae geskied. VF Plus-raadslid, Piet Smit sê Emfuleni het slegs drie vullisverwyderingstrokke beskikbaar om ʼn gebied van 966km2 te bedien. Dit terwyl 21 trokke nodig is om die huishoudelike afval weekliks te verwyder. Volgens Smit is die 18 onbeskikbare vullisverwydering trokke òf stukkend òf kontrakteurs het herstelwerk gestaak weens onbetaalde rekeninge. Baie inwoners maak al hoe meer van klein ondernemings gebruik om vullis te verwyder. Vullis word ook langs paaie en oop stukke veld gestort waarna dit aan die brand gesteek word. Dit belemmer die sig en hou ʼn gevaar vir motoriste in. Smit sê belastingbetalers in woongebiede met ʼn invorderingskoers van 100%, het by die Emfuleni-belastingbetalersvereniging aangesluit en weerhou hul dienstegeld, en alhoewel die VF Plus nie belastingbetalers kwalik neem vir die drastiese stap nie, verarm dit die munisipaliteit verder. Die VF Plus sê hy het die Emfuleni-munisipaliteit gewaarsku om die wanbestuur te stop. Behalwe vir die feit dat inwoners van Vanderbijlpark hul lewe in gevaar stel om 30km ver buite die dorp te ry om rommel by ʼn gemagtigde stortingsterrein af te laai veroorsaak die gebrek aan vullisverwydering ʼn gesondheidsrisiko vir inwoners en lei dit tot ʼn infestasie van rotte en kokkerotte. Volgens die VF Plus is dit is tyd om van die ANC in Gauteng ontslae te raak in die komende verkiesing en te vervang met ʼn koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.


11 views0 comments

Comments


bottom of page