top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vyfjarige oorleef na sy byna verdrink by ‘n Meyerton karavaanpark

MEYERTON - CERT-SA sê 'n vyfjarige meisie het oorleef nadat sy die naweek by die Kliprivier Karavaanpark in Meyerton byna verdrink het. Die organisasie sê hul Vaal-span het Saterdagoggend omstreeks 10:30 ’n oproep ontvang vir ’n kind wat moontlik by die karavaanpark verdrink het. Met hul aankoms het hulle 'n vyfjarige kind gevind wat buite die swembad gelê het. Hulle het die kind ondersoek en gevind dat sy nie verdrink het nie, maar in 'n ernstige toestand was. CERT-SA het die pasiënt op die toneel gestabiliseer, en sy is na die hospitaal gehaas. Die organisasie het Midvaal Brandweer en ER24 bedank vir hul bystand op die toneel.

FOTO: (CERT-SA)


13 views0 comments

Comments


bottom of page