top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Waterminister gaan nie ‘n ramptoestand afkondig oor ineenstorting van waterinfrastruktuur nie

VAALDRIEHOEK - Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, is geensins van plan om president Cyril Ramaphosa te versoek om ‘n ramptoestand te verklaar weens die ineenstorting van waterinfrastruktuur dwarsoor die land nie. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is een so munisipaliteit wat al hofsake deur is weens sy swak instandhouding en besoedeling van die Vaalrivier. Mchunu beklemtoon munisipaliteite ontvang jaarliks aansienlike befondsing en is self verantwoordelik om hul waterinfrastruktuur in stand te hou. Hy bevestig ook die Wysigingswetsontwerp op Waterdienste word binnekort ter tafel gelê, waarvolgens slegs instellings met waterlisensies watersuiweringsaanlegte mag bedryf. Volgens Mchunu is die primêre doelwit om die dringende kwessie van die ineenstorting van waterinfrastruktuur op te los.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments

Comments


bottom of page