top of page
Search

Werkers in staalbedryf gemaan om realisties te wees in hulle verwagtings met loononderhandelings

VAALDRIEHOEK - Werkgewers in die staalbedryf doen ‘n beroep op werkers om in die lig van die bedryf se benarde finansiële situasie, realisties te wees met hulle verwagtings vir salarisverhogings met die aanvang van loononderhandelings vir 2024. Werkers het in 2022 en 2023 verhogings van vyf-persent ontvang. Die president van die Suider-Afrikaanse Federasie van Staal en Ingenieurswese, Elias Monage, sê twee opsies kan oorweeg word wanneer loononderhandelings begin. Dit is om loononderhandelings van meet af te begin om nuwe verhogings en ander vergoedingsvoordele in te sluit, of om met die bestaande ooreenkoms as ‘n basis te werk en gedeeltes daarvan te verbeter.


5 views0 comments

Comments


bottom of page