top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Woolworths Food aanvaar steeds kontantbetalings

VAALDRIEHOEK - Woolworths Food het sy kliënte verseker beide kontant- en kaartbetalings sal steeds aanvaar word, ondanks die onlangse aankondiging deur W Café. Dié filiaal van Woolworths het verklaar hy gaan vanaf volgende week nie meer kontantbetalings aanvaar nie, met verwysing na veiligheidskwessies vir kliënte en personeel. Die moedermaatskappy, Woolworths Food, het dit egter duidelik gemaak hierdie beleidsverandering is spesifiek op die kafee van toepassing en nie op die breër Woolworths Food se winkels nie.

FOTO: (Verskaf)



6 views0 comments

Comments


bottom of page