top of page
Search

Die Vaaldam kan binnekort sy volle kapasiteit bereik

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie sê die Vaaldam kan binnekort 100% kapasiteit bereik weens die voortdure stortreën in groot dele van die hoëveld. Die dam het teen gister op 98,99% kapasiteit. Die departement sê hy sal voortgaan om die stelsels te monitor om die integriteit van die waterhulpbron-infrastruktuur te beskerm en te handhaaf. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle laat water tans teen 61,2 kubieke meter per sekonde vry met behulp van vyf kleppe by die dam, wat in lyn is met sy vloedbestuursplan. Mavasa sê dit sal verseker dat daar balans tussen die invloei en uitvloei by die dam is.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page