Die Vaaldriehoek is in rou ná jong rugbyspeler se afsterwe
- 90.6 FM News
- 10 hours ago
- 1 min read
VANDERBIJLPARK - Die Vaaldriehoek is in rou na die tragiese afsterwe van die 20 jarige Vilano Saunders, ‘n talentvolle rugbyspeler aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus. Saunders is vanoggend om 04:00 in die Sebokeng-hospitaal oorlede nadat hy Saterdag ‘n noodlottige nekbesering opgedoen het tydens ‘n o.21-kragmeting teen Springs Rugbyklub in die Valke Presidentsbeker. Volgens berigte het Saunders geen gevoel van sy nek af ondertoe gehad nie. Hy was in traksie en moes geopereer word. Hy is aanvanklik na Midvaal-hospitaal geneem. Sy vriendin, Caitlin Venter, het ‘n Back-a-Buddy veldtog begin en reeds meer as R36 000 ingesamel vir mediese onkoste en rehabilitasie, aangesien hy nie by 'n mediese fonds was nie. Sy ma, Lizelle, het op Facebook hulde gebring en gesê hy was die mooiste kind met die mooiste hart.
Comments