top of page
Search

Gauteng polisie soek na vermeende moordenaar van Vereeniging ingeneur Armand Swart

VEREENIGING - Die Gautengse polisie het 'n lasbrief vir inhegtenisneming uitgereik vir Lucky Boitumelo Molefe wat deur die polisie gesoek word in verband met die moord op die 30-jarige ingenieur, Armand Swart. 'n Polisiewoordvoerder, Vincent Mukhathi, sê twee aanvallers het die werknemer van Q-Tech Engineering Company in Vereeniging, Gauteng, in April verlede jaar voor die onderneming doodgeskiet. Ondersoeke het gelei tot die inhegtenisneming van vier verdagtes, insluitend die een wat vermoedelik agter die moordkomplot sit. Volgens berigte was dit ‘n poging om Swart stil te maak nadat hy die fluitjie geblaas het oor bedrog en korrupsie wat verband hou met ‘n Transnet-kontrak. ʼn Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Vincent Mukhathi, sê ‘n lasbrief vir inhegtenisname is uitgereik vir die oorblywende verdagte, wat sedert Desember op vlug is.

 
 
 

Recent Posts

See All

コメント


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page