Heidelberg se Erfenissentrum in gedrang te midde van munisipale geskil
- 90.6 FM News
- Feb 5
- 1 min read
SEDIBENG - Die toekoms van die geliefde erfenissentrum in Heidelberg, Gauteng, is onseker nadat die Lesedi-munisipaliteit die langtermynhuurders beveel het om die terrein te verlaat. Dit volg vyf jaar nadat die Heidelberg Bier Fees miljoene rande aan opknappings bestee het. Volgens Bouwe Wiersma, besturende lid van HBF, het hulle ‘n mondelinge ooreenkoms met die munisipaliteit gehad, wat ‘n 19-jaar huurkontrak sou insluit om hul beleggings te verhaal. Nou wil die munisipaliteit die verbeterings vir hulself toe-eien. Wiersma sê nadat die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit die kragtoevoer na die perseel in Junie 2024 afgesny het, het hy die hof op ‘n dringende basis genader, maar die aansoek is van die hand gewys omdat die dispuut reeds sedert 2019 teen Wiersma voortsleep, oor die uitverhuring van die perseel. Heidelberg, verlede jaar aangewys as Kwêla se Dorp van die Jaar, staar moontlike verlies van ‘n belangrike toerismebate in die gesig.
Comments