top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Michael Pretorius se been is vandag suksesvol geamputeer

VAALDRIEHOEK - Die 21-jarige Michael Pretorius, wat in Junie ‘n Sasolburg ongeluk oorleef het waarna sy broer gesterf het, is vanoggend geopereer om sy linkerbeen te amputeer. Dit volg na hy en sy broer Nicky die 28ste Junie in ‘n baie ernstige motorongeluk was by die Sasolburg afrit, tussen Vaalpark en Sasolburg. Nicky het ongelukkig die volgende oggend aan sy beserings beswyk. Michael het aanvanklik goed aangesterk in ‘n rehabilitasiesentrum in Alberton nadat hy op die 21ste Julie geopereer is om verskeie frakture in sy bene met penne en plate te heg. Michael het egter intussen ‘n terugslag gehad. Michael se pa, Nicky Pretorius Senior sê daar het nekrose in sy linker been en voet ingetree. Volgens sy pa het die operasie goed gegaan en is sy been net bo die knieg afgesit. Hy moet oor so vier dae weer ingaan teater toe wanneer die infeksie opgeklaar het. Kyk na vandag se 90.6 FM TV Nuus bulletin op Facebook en Youtube vir meer besonderhede. FOTOS: (Nicky Pretorius - Facebook)





10 views0 comments

Комментарии


bottom of page