VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD sê Operasie Shanela, wat gister in Vanderbijlpark en Bophelong uitgevoer is, het gelei tot die arrestasie van 48 verdagtes. Polisiewoordvoerder, sers Sigcu, het gister in 'n verklaring wat aan 90.6 FM News gestuur is gesê baie belanghebbendes was deel van die operasie waardeur padblokkades, en stop en soektog gedoen is in verskeie gebiede in en om Vanderbiljpark en Bophelong in Sedibeng. Sigcu sê die misdade waarvoor die 48 verdagtes in hegtenis geneem is, sluit in ongedokumenteerde buitelandse burgers, die besit van en handel in dwelms, die besit van onwettige sigarette, oortreding van die vuurwapenwet en ander misdade. Hy sê die Provinsiale Kommissaris Luitenant-Generaal Mthombeni, generaal-majoor Lemba, brigadier Nkwashu, brigadier Sibuyi en ander senior offisiere was teenwoordig om die gladde verloop van die operasie te verseker. Mthombeni het die belangrikheid van hierdie operasies beklemtoon en ook die goeie werk wat deur polisielede gedoen is, geprys.
FOTOS: (Vanderbijlpark SAPD)
Comments