top of page
Search

Polisie arresteer duisende tydens weeklikse operasies regoor Suid-Afrika

VAALDRIEHOEK - Die polisie regoor die land het daarin geslaag om meer as 14,000 verdagtes in hegtenis te neem tydens die hoëdigtheid-operasie Shanela verlede week. Dit sluit meer as 2,000 gesoekte verdagtes in, meer as eenduisend onwettige buitelandse burgers, en honderde verdagtes wat vir moord, poging tot moord, verkragting en aanranding gesoek word. Die meeste van hierdie verdagtes is in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Vincent Mukhathi, sê hulle het ook daarin geslaag om honderde onwettige vuurwapens en ammunisie van die strate af te verwyder. Mukhathi sê dié vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in misdaadvoorvalle gebruik is.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page