SAFTU versoek werkers om vandag op Meidag vir hul regte te betoog
- 90.6 FM News
- May 1
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Saftu doen ’n beroep op alle werkers, gemeenskappe en progressiewe groepe om aan te sluit by die Werkersdag-byeenkomste en optogte regoor die land vandag. Woordvoerder van die vakverbondfederasie, Newton Masuku, sê die optog vind plaas onder die tema: "Vier Meidag: Verenig teen die BTW-verhoging en wysigings aan arbeidswette wat teen werkers is." Hy sê wanneer werkers en gemeenskappe verenig, is oorwinnings moontlik.
Comments