top of page
Search

Valke Rugbyunie sê ondersoek na Vilano Saunders se dood sal Vrydag afgehandel wees

VANDERBIJLPARK - Die Valke Rugbyunie sê die ondersoek na die dood van die 20-jarige Vilano Saunders sal glo teen Vrydag afgehandel wees. Saunders, ‘n tweedejaar onderwysstudent aan die Noordwes Universiteit se Vanderbijlpark-kampus, het op 3 Mei ‘n noodlottige nekbesering opgedoen in ‘n o.21-wedstryd teen Springs Rugbyklub. Volgens Ettienne de Lange, uitvoerende hoof van die VRU, sal die bevindings van die ondersoek binnekort aan die familie gekommunikeer word. Die familie se woordvoerder Hennie Venter sê die familie het hul teleurstelling uitgespreek oor die gebrek aan terugvoering tot dusver. Saunders het sy nek in die eerste skrum van die wedstryd gebreek toe hy op haker gesak het – ‘n posisie waarvoor hy glo min tot geen opleiding gehad het nie. Hy is op die veld gestabiliseer, na die Midvaal Privaat-hospitaal geneem, en later na Sebokeng-hospitaal oorgeplaas. Hy is as ‘n kwadrupleeg geklassifiseer en is op 5 Mei oorlede terwyl hy op ‘n nekoperasie gewag het.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page