top of page
Search

Verdagtes met ‘n bakkievrag beskermde visspesies vasgetrek

ORANJEVILLE - Die SAPD het Vyf verdagtes Maandagoggend omstreeks 05:15 in die Oranjeville-gebied in hegtenis geneem nadat hulle met verskeie beskermde visspesies gevang is. Sersant Mahlomola Kareli het bevestig dat die polisie inligting ontvang het oor die verdagtes wat met ‘n wit Toyota Hilux-bakkie op die Moedersdeel-plaaspad beweeg. Dié inligting is met die polisie se duikeenheid gedeel, wat gelei het tot ‘n padblokkade. Tydens ‘n deursoeking van die bakkie het die polisie op ses sakke onwettige vangnette en ‘n groot hoeveelheid vis afgekom, insluitend beskermde spesies soos grootbek geelvis en kleinbek geelvis, asook ander visse soos baber, moddervis, karp en moggelvis. Die vyf verdagtes, wat as onwettige immigrante geïdentifiseer is, word aangekla ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteit. Hulle sou na verwagting vandag in die Oranjeville-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige visvang en die besit van beskermde spesies sonder ‘n permit.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page