VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame doen ‘n beroep op matrikulante om met iemand te praat as hulle enige selfdoodgedagtes het terwyl hulle op hulle matriekuitslae wag. Die hoofsekretaris, Matakanye Matakanye, het sy kommer in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika uitgespreek oor die verhoogde gevaar van selfdood weens angs, vrees en stres wat met die bekendmaking van die uitslae gepaard gaan. Matakanye het die belangrikheid van ouers se ondersteuning aan hulle kinders in die stresvolle tyd benadruk en sê die gevoel van euforia kan van korte duur wees in die aanloop tot die aankondiging.
FOTO: (Verskaf)
Comments