top of page
Search

Vermisde 19-jarige van Vanderbijlpark steeds nie gevind nie

JONGSTE OPDATERING:

VANDERBIJLPARK - Missing Children SA het ‘n amptelike Vermisde Persone kennisgewing uitgereik vir die 19-jarige Cailin Alexandra Dos Santos wat vandeesweek vanuit Vanderbijlpark verdwyn het. Haar foto word wyd op sosiale media gedeel sedert sy Maandag, 11 November 2024 vir die laaste keer om 10:22 die oggend gesien is. Sy het glo na die kruising by Chopin- en Beethovenstraat in Vanderbijlpark geloop. Sy het ‘n grys trui, donkerblou rok en swart skoene aangehad ten tyde van haar verdwyning. Teen gisteraand het die jongste opdaterings op sosiale media gestel dat sy steeds nie gevind is nie en Missing Children SA het haar kennisgewing steeds as vermis bevestig op sy amptelike blad. Enige persoon wat Cailin gesien het of inligting oor haar verdwyning het word versoek om Missing Children SA of die Vanderbijlpark SAPD onmiddellik te kontak.

FOTO: (Missing Children SA)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page