top of page
Search

VF Plus waarsku teen krisis in rooivleisbedryf

HEIDELBERG - Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se rooivleisbedryf staar 'n krisis in die gesig nadat bek-en-klouseer by 'n Karan Beef-voerkraal in Heidelberg in die Vaaldriehoek ontdek is. Die onderneming het sy vee-aankope tydelik gestaak en dit ontwrig voorsieningskettings in die land. Wynand Boshoff van die VF Plus gee swak siektebeheer en die regering se gebrek aan dringendheid die skuld, omdat meer as 300 gevalle binne vyf jaar aangeteken is.

Intussen sê die Departement van Landbou hy sal maatreëls instel om die verspreiding van die bek-en-klouseer in die land te stop. Die departement sal voorskrifte uitreik wat die beweging van vee in die land sal beheer. Die beheermaatreëls sal van toepassing wees op diere met gesplete hoewe soos beeste, skape, varke en bokke. Streng beperkings op veebeweging is reeds in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in plek.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page